​Hierdie huis lyk (en voel) nes ‘n paleis

Johannes van Graan Johannes van Graan
House Sshwab, Rudman Visagie Rudman Visagie Casas clássicas
Loading admin actions …

Die argitekte by Rudman Visagie in Mosselbaai bring vir ons vandag se homify 360° stukkie, en hierdie is nou regtig nie ‘n ontwerp wat mens elke dag sien nie.

Ja, dis dalk nie die grootste huis ooit nie, maar dit trek beslis aandag, veral wanneer mens dit van die buitekant af beskou – die woord “koninklik” is definitief waardig om hierdie skepping te beskryf!

‘n Klein kasteel

Die hele manier wat hierdie huis gebou is (vanaf die balkonne en vensters tot die glasdeure en dakteëls) laat ons aan ‘n koninklike skepping dink.

Voeg dan nog ‘n heerlike erf en tuintjie by, asook ‘n netjiese muur en heining wat die huis omring, en ons kan beslis verstaan hoekom hierdie skepping op so baie mense se ‘gunsteling huise’ lysies verskyn.

Die kombuis

Maar natuurlik moet enige huis mens van binne af ook bekoor, so kom ons loer na die kombuis – dit is mos die hart van elke huis.

Heerlike spasie, ‘n tamaai groot eiland (wat vir bak en brou, asook eet gebruik kan word), vensters en deure wat oorgenoeg lig na binne laat, en ‘n rou, industriële boustyl – definitief ‘n merkwaardige ontwerp wat soveel meer aantreklik word danksy die ligte/aardse kleure van die kleurskema.

Die sitkamer

Soos ons kan sien, vorm die kombuis deel van ‘n oopplan uitleg, met ‘n sitkamer slegs ‘n paar treë weg. En hierdie is nou perfek vir wanneer vriende/familie opdaag en mens net rustig sosiaal wil verkeer sonder om van een vertrek na ‘n ander te beweeg. 

Wat dink jy van daardie fantastiese pizza oond?

Stylvolle spasies

Dis nie net die groot vertrekke van hierdie huis wat stylvol is nie – kyk hoe slim is hierdie klein hoekie by die trap opgemaak met ‘n eenvoudige (dog deftige) stoel en treffende beligting: die perfekte leeshoekie!

‘n Gloeiende styl

Ons sluit hierdie ontdekking af waar ons hom begin het – aan die buitekant, met die huis se boonste verdieping / balkon heerlik opgehelder om hierdie skepping nog soveel meer prominent te maak!  

Nou vir iets heeltemal anders (en baie groter); kom ons beloer Michelle se fantastiese Johannesburg huis.

Precisa de ajuda com um projeto em sua casa?
Entre em contacto!

Destaques da nossa revista