​Hoe om jou huis binne ‘n uur ordentlik skoon te maak

Johannes van Graan Johannes van Graan
Yeniköy Yalı Daire 2013, ARTISTIC DESIGN ARTISTIC DESIGN Salas de estar modernas
Loading admin actions …

As ons sou noem dat dit wel moontlik is om jou huis sprankelend skoon te kry binne net een uur, sou jy meer wou hoor? Natuurlik! Vra maar vir enige professionele skoonmaker wat die geheim tot ‘n permanente skoon en netjies huis is, en hulle sal jou inlig dat dit is om klein skoonmaaktakies op ‘n gereelde basis te verrig in plaas van, byvoorbeeld, een keer ‘n week jou huis van bo tot onder te skrop.

So wat is hierdie gereelde takies wat jy onder die knie moet kry?

1. Wees realisties!

homify

Voordat jy enigiets doen, dink eers mooi wat dit is wat jy wil verrig. Jy wil nie ‘n tamaai groot skoonmaaktaak aanpak wat die grootste deel van ‘n uur gaan opvat nie, anders gaan jy net teleurgesteld daarvan afkom.

2. Hou kop met elke kamer

In plaas daarvan om jou hele huis morsig en deurmekaar te los, neem net vyf minute elke dag om elke vertrek bietjie aan die kant te maak. Ons praat van klein takies soos die sitkamer se kussings regskuif, die TV se afstandbeheer op sy plek te bêre, ens. Hierdie gewoonte gaan definitief help om jou tyd te bespaar wanneer dit kom by huis skoonmaak.

3. Eers die verestoffer, dan die stofsuier

Wanneer jy begin met jou uur-lange skoonmaak sessie, stof eers deeglik af, gevolg deur ‘n goeie stofsuig sessie. Om dit andersom te doen is net tydmors!

4. Kry jou linne in die was

Dit neem net ‘n paar sekondes om vuil beddegoed in die wasmasjien te stop! Maar voordat jy die nuwe, skoon linne opsit, gaan eers voort met die res van jou takies.

5. Maak skoon soos jy deur die kombuis beweeg

Deur altyd seker te maak dat jou kombuis skoon en netjies is (aan die einde van elke dag, soos gesê in stap 2), behoort jou kombuis se skoonmaaksessie slegs ‘n paar eenvoudige takies te behels, soos die skoonvee van die eiland se oppervlak en die afvee van die stoofplate. 

En moenie vergeet om jou skoonmaaksponsies gereeld te vervang nie.

6. Beplan mooi met jou badkamer

homify Casas de banho minimalistas

Die belangrikste areas om op te fokus in die badkamer? Die toilet, bad/stort en wasbak – en hier is waar wit asyn jou beste vriend gaan word, aangesien dit wonderlik werk om watervlekke te beveg.

7. Sorg vir ordentlike ventilasie

Sorg dat soveel as moontlik vensters oop is om vars lug binne te laat, aangesien dit ‘n groot verskil gaan maak om nie net klam oppervlaktes droog te kry nie, maar ook die reuk van skoonmaakmiddels buitentoe te verdryf! 

Loer ook sommer na hierdie 7 wenke wat skoonmaak maklik maak!

Precisa de ajuda com um projeto em sua casa?
Entre em contacto!

Destaques da nossa revista