​8 idees om jou huis se voorkant op te knap

Johannes van Graan Johannes van Graan
Casa CCQ 538, Loyola Arquitectos Loyola Arquitectos Casas modernas
Loading admin actions …

‘n Huis wat pragtig uitstaan is baie mense se droom, en met goeie rede – ons almal wil mos graag in pragtige huise woon wat die bure en vriende so bietjie jaloers maak.

Dus, om jou te inspireer, kyk ons vandag na 8 voorbeelde van huise se voorste ingange wat treffend uitstaan, hetsy dit nou as gevolg van hul voordeure, heinings, hekke of tuine is – kyk gerus en besluit watse idees jy gaan uitprobeer…

1. Net omdat dit modern is beteken dit nie jy mag nie verskillende materiale meng nie – kyk hoe treffend gaan beton, metaal en klip saam!

2. Moenie vergeet dat kleure ook ‘n groot rol speel nie – wat dink jy van hierdie verleidelike monochroom kleurskema?

homify Casas minimalistas

3. Reguit lyne en blok vorms is eenvoudig, dog stylvol, en werk perfek saam met die moderne styl.

4. Die regte beligting en plante kan enige fasade lieflik optower.

5. Kontrasterende kleure en teksture kan net so ‘n indrukwekkende ontwerp verseker.

6. Maak seker jou beligting is tops, aangesien dit jou huis se buitekant meer verwelkomend sal laat lyk.

7. ‘n Tikkie tekstuur (soos klip) verleen bietjie karakter aan jou huis se fasade.

8. Onthou dat jy heerlik kreatief kan raak met groenighede, soos hierdie huis se palmbome wat lekker uitstaan bo die heining.

Projetos Residenciais homify Casas campestres

Gepraat van groenigheid, kyk net na hierdie 17 klein tuine wat by enige huis sal pas!

Precisa de ajuda com um projeto em sua casa?
Entre em contacto!

Destaques da nossa revista