​Die perfekte slaapkamer volgens jou sterreteken

Johannes van Graan Johannes van Graan
Таунхаус в г.Краснодар, Design Studio Details Design Studio Details Quartos ecléticos
Loading admin actions …

Moenie bekommerd wees as jy sukkel om jou slaapkamer se ontwerp en styl reg te kry nie – dalk is dit omdat jy nie op die regte dekor pad is nie! Het jy al ooit gewonder watse kleure, teksture, patrone en materiale bedoel was vir jou spesifieke sterreteken?

Natuurlik glo nie almal in sterretekens nie, maar niemand kan stry dat dit nie vir heel interessante leesstof sorg nie.

Dus, as jy belangstel om meer uit te vind (of bietjie inspirasie soek), loer gerus na ons 12 sterreteken style hier onder…

1. Vir die Maagd stel ons voor jy gaan met ligte neutrale kleure, asook ‘n stil minimalistiese styl.

2. Die Ram moet sy/haar passievolle persoonlikheid wys met pienke en/of rooie – wat is nou meer pret as dit?

3. Streng neutrale kleure is wat voorgeskryf word vir die Bul.

4. ‘n Tweeling? Gaan met “artsy” dekor om jou kulturele kant te wys.

5. Knus en gemak is die kernwoorde vir die Kreef, wat gemaak is vir gerief.

6. Leeus hou van uitspattige styl; dus, gaan groot met weelde wanneer jy jou slaapkamer opknap.

7. Aangesien die Weegskaal fokus op balans, hou koers met simmetriese style en kleure wat perfek koördineer.

8. Niemand is so braaf soos die Skerpioen nie, aangesien hy/sy nie skaam is vir helder patrone en uitstaan kleure nie.

9. Die Boogskutter hou van reis en romanse, so kyk waar jy hierdie eienskappe in jou styl kan voortbring.

homify Quartos industriais

10. Die Steenbok is gefokus op sy/haar doelwitte, dus stel ons ‘n harde en donker styl voor om daardie vasberadenheid te weerspieël.

11. Die Waterdraer se speelse kant kom uit in die slaapkamer, en daarvoor is kreatiewe kleure en artistieke style ideaal.

12. Dink aan sagte waterverf kleure vir die Visse om sy/haar stil natuur uit te beeld – en jy kan nooit verkeerd gaan met blou nie.

Master bed by WN Interiors homify Quartos industriais

Gepraat van slaapkamers, loer bietjie na hierdie 10 wenke om jou slaapkamer soos ‘n hotel te laat lyk.

Precisa de ajuda com um projeto em sua casa?
Entre em contacto!

Destaques da nossa revista