Vandag se homify 360° ontdekking is soveel meer as net die 3-dimensionele ontwerpe vir ‘n moderne huis – dit is amper soos om na ‘n unieke kunswerk te kyk, aangesien hierdie projek gebruik maak van sjiek materiale, pragtige patrone, elegante kleure en fantastiese uitlegte om ‘n ware droomhuis op te tower.
Diez Y Nueve Grados Arquitectos van Mexiko is die briljante argitekte agter hierdie ontwerp. Kom ons kyk wat hulle vir ons wil wys…
Kyk hoe mooi vloei als saam! Die platdak versker ons dat dit ‘n moderne styl is, terwyl die neutrale en aardse kleure die skepping meer elegant laat lyk.
En is jy nie net mal oor die verskillende teksture wat soveel “detail” aan die huis se buitekant verskaf nie?
Dis duidelik dat hierdie huis bedoel is vir mense wat hou van die buitelug – al wat dit kos om die agter erf na binne te bring is om daardie tamaai glasdeure oop te skuif, en siedaar: grasgroen uitsigte en vars lug wat mens van binne af kan geniet!
Die “blokkie” styl wat ons aan die buitekant gesien het word heerlik herhaal binne – kyk net hoe baie elemente hierso (soos die kaggel, stoele, tafels, ens.) geniet ‘n blok vorm.
Maar natuurlik kan ons ook kontras bespeur, veral met die treffende dakligte wat bietjie ronde vorms en kleure inbring.
Om seker te maak dat nog meer vars groenigheid van binne af geniet kan word, is ‘n binnehof ook geskep, waar ‘n hele paar plante en blomme (en selfs ‘n boom) bietjie aandag trek. Natuurlik help die vensters en glasdeure ook om meer sonlig na binne te bring – daar is mos niks slegter as a donker vertrek nie!
Gepraat van lig en mooi uitsigte, kyk bietjie na Die huis met perfekte uitsigte.