​Dié man het sy eie huis gebou – vir R50,000

Johannes van Graan Johannes van Graan
POCKETCONTAINER - Das Mikrohaus, Stefan Brandt - solare Luftheizsysteme und Warmuftkollektoren Stefan Brandt - solare Luftheizsysteme und Warmuftkollektoren Casas minimalistas
Loading admin actions …

Nes ons land ‘n mengsel van mense, tale en rasse is, so verskil ons argitektuur ook. In Suid-Afrika is dit glad nie moeilik om ‘n reuse herehuis, ‘n 12de-vloer woonstel en ‘n outydse gehuggie binne ‘n paar kilometer van mekaar op te spoor nie, al drie met heeltemal verskillende boustyle, natuurlik. 

Van die mees modernste boustyle wat ons land (en die res van die wêreld) in hedendaagse tyd gesien het is die ontstaan van skeepsvraghouer huise wat uit ou skeepsvraghouers ontwerp word. En alhoewel hierdie nog ‘n relatiewe nuwe konsep vir ons land is, is daar klaar heelwat mense en besighede wat van dié slim uitvindsel gebruik maak. 

Vandag kyk ons na ‘n beskeie, maar heel moderne “houer huisie” wat gebou is deur die Duitse ontwerper Stefan Brandt.

Klein, dog modern

Kan jy jou indink om in ‘n huis van dié grootte te bly wat jou nog steeds ‘n heel moderne en praktiese leefstyl bied? Maar ons weet ook dat mooiheid net so belangrik vir die finale produk is – en dié ontwerper stem saam.  

Heelwat veranderinge is aan die skeepsvraghouer aangebring om dit prakties (en mooi) te maak, soos byvoorbeeld deure en vensters, asook ‘n houtdek wat ‘n heel oulike stoepie optower en deur ‘n outomatiese katrolstelsel beheer word indien mens die stoep wil oplig om die huis toe te maak.

Gebou om te hou

Aangesien houer huisies van sterk staal gemaak word, kan mense verseker word dat dié gehuggies gebou word om te hou! Aan die ander kant is baie mense onder die indruk dat, omdat die huise van staal gemaak is, dit nogal moeilik is om veranderinge aan die ontwerp aan te bring – en hulle is heeltemal verkeerd. 

Met die regte kennis, gereedskap en professionele kan die staal heel maklik gesny en verander word om openinge aan te bring, soos vir vensters en deure. En moenie vergeet dat ‘n kannetjie verf ook nog ‘n groot verskil kan maak nie. 

Dus, wees gerus dat jou houer huisie glad nie dieselfde as jou vriend of buurman s’n hoef te lyk nie.

Die vloerplan

Voordat ons na die binnekant loer, kyk ons eers na die vloerplan om die uitleg van die huis beter te verstaan. Daar is plek vir slaap, kook en was – wat meer het mens nou eintlik nodig? 

O ja, kuierplek! Maar vir dit laat sak ons mos net daai houtdek/stoepie aan die buitekant. 

Alhoewel die ontwerp nogal beskeie met sy grootte is (dit is onder 15 m²), kan ons sien dat die uitleg heel prakties is.

‘n Kykie na die binnekant

Alhoewel ons ‘n klein hoeveelheid spasie verwag nadat ons die huisie van buite af gesien het, is ons tog verbaas oor hoe ruim dit voorkom. Dit is nie net te danke aan die slim uitleg nie, maar ook die materiale en kleure wat gebruik is – ligte hout kan enige plek groter laat lyk, asook glasdeure. 

Die deur aan die agterkant links lei na die badkamer, terwyl die glasdeur aan die regterkant vir die stort is. 

Om elke denkbare stukkie vloer te gebruik, is net die nodigste meubels en dekor binnekant geplaas. Behalwe vir dit, kan van die meubelstukke vir meer as een doelwit gebruik word – die bed, byvoorbeeld, kan opvou en in ‘n sitbank verander.

‘n Praktiese leefstyl

Natuurlik is dié huisie nie net mooi om na te kyk nie – dit bied ook ‘n heel praktiese leefwyse aan. Als wat nodig is (soos elektrisitiet, verhitting, insulasie, ens.) is ingesluit in die finale ontwerp. 

Skeepsvraghouer huisies is dalk nie almal se idee van ‘n perfekte leefwyse nie, maar dié ontwerpe bied tog ‘n slim alternatief aan vir diegene wat ietsie kleiner en meer bekostigbaar soek – veral as mens kyk na hoe gewone huise se pryse deesdae styg!

Indien jy belangstel om nóg houer huisies te aanskou, kyk gerus na Die Kaapse skeepsvrag huisie.

Precisa de ajuda com um projeto em sua casa?
Entre em contacto!

Destaques da nossa revista